Die gebruiker BuzzFeedBlue het ʼn video op YouTube gelaai van 10 dinge wat bykans onmoontlik is om te doen. Is jy reg vir die uitdaging?
Onmoontlike dinge om te doen:
• Lek jou elmboog
• Lig jou ringvinger wanneer jou middelvinger onder jou hand gevou is
• Probeer om aan jou tone te raak wanneer jy met jou lyf teen ʼn muur staan
• Blaas ʼn stukkie papier in die nek van ʼn sodabottel in
• Hou jou tone vas en probeer vorentoe spring
• Probeer ʼn noot vang wanneer iemand dit laat val
• Drink koeldrank uit twee strooitjies – wanneer een van hulle buite die glas is
• Probeer neurie terwyl jy jou neus toedruk
• Teken ʼn sirkel met jou tong op jou verhemelte en draai dan jou kop in die teenoorgestelde rigting
• Probeer om ʼn vuurhoutjie met jou wysvinger en ringvinger te breek wanneer die vuurhoutjie bo-op jou middelvinger lê
• Eet ses soutkoekies binne 60 sekondes sonder om ʼn slukkie water te neem
My dogter kan wél haar elmboog lek!!
Kry iemand wat beter kan vertaal uit Engels na Afrikaans. Daar is nie so iets soos ‘n sodabottel in Afrikaans nie. Dis ‘n koeldrankbottel