Video: Eksmeisie daag by troue op – in ʼn trourok!

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou in China het onlangs onverwags by haar ekskêrel se troue opgedaag – in ʼn trourok!

ʼn Video van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosialemediakanale in China versprei en wys die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, in ʼn trourok waar sy voor die kêrel kniel tydens die huwelikseremonie. Dis nie duidelik waar presies die troue plaasgevind het nie.

Volgens die Daily Mail het die vrou glo haar ekskêrel gesmeek om haar terug te vat. Sy is duidelik baie ontsteld en sê herhaaldelik “dit was my fout!” terwyl sy aan sy mou trek.

Die seremoniemeester het glo gesê “ons het ʼn onverwagse situasie” en bygevoeg “miskien is dit die realiteit van liefde”.

Die ontstoke bruid storm af net voor die video tot ʼn einde kom en die bruidegom agtervolg haar.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stella ·

Wat het hy wat n ander ou nie het nie,sy is seker nou diegrootste gek onder haar vriende,eish

Karl ·

Dit is die fakeste video wat ek in n langtyd gesien het, meer fake as daai ouens wat “social experiments” doen.

Karl ·

Hierdie video was al n helepaar keer oopgevlek as fake, selfs die “groom” en “ex meisie” het dit bevestig as fake.

Ek ·

Fake net soos alles ander wat n “made in China” stempel dra….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.