ʼn Jagluiperd het onlangs in Tanzanië sy moses teëgekom toe sy aandete terugbaklei het.
Die fotograaf Wim van der Heever was net so verbaas om te sien hoe die gasel homself loswikkel en weghardloop.
Volgens Van der Heever het die jagluiperd daarna groter prooi in die oog gehad.
Die beeldmateriaal is by Ndutu in Tanzanië verfilm.