Video: Elsa aangekeer as hoofverdagte vir winterstorm

Skermgreep uit die video

Die polisie in Suid-Carolina het ʼn tong-in-die-kies video gedeel ná ʼn ysige sneeustorm ʼn gedeelte van die ooste van die VSA getref het. Die bekende yskoningin word in hegtenis geneem.

Die “seldsame beeldmateriaal” wys hoe Elsa van Disney se Frozen-fliek vrolik in die sneeu baljaar. Sy sien dan die polisiebeamptes en probeer weghardloop.

“Vries!” sê die beampte. Elsa gee haarself gou oor. “Kom nou ouens, just let it go,” sê sy.

“Niemand is beseer of ernstig gevries nie,” het die Pickens-polisie op sy Facebook-blad gesê. “Haar medepligtige, die verskriklike sneeuman, is nog op vrye voet. Hy het nog sneeu en ys losgelaat. Help ons om hom op te spoor.”

Die departement het die kort parodie gebruik om motoriste te maan om veilig te bestuur.

Nog ʼn sneeustorm word oor die volgend paar dae aan die ooskus verwag.

***Elsa Detained***Rare body cam footage of the arrest. She was detained after a short foot chase and no one was injured or severely frozen. Her accomplice, the abominable snowman, is still at large. He has unleashed more snow and ice. Help us find him. Please be safe on the road if you have to drive. Big thank you to “Elsa” for stopping by the Department.

Posted by Pickens Police Department on Sunday, January 16, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annelize ·

Dis nou oulik!

Elsa het haar duidelik te buite gegaan met die koue.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.