Video en foto: Gary Player kan op 77 nog sy klere laat waai

Gary Player

Gary Player se voorbladfoto verskyn onderaan die berig. ESPN The Magazine het die eerste foto’s van sy jaarlikse “Body Issue” vrygestel.

Die grootste verrassing in dié uitgawe is egter die 77-jarige Gary Player wat in sy geboortepak op die voorblad verskyn. “Ek sal jou wys wat ek met my liggaam in die ouderdom van 77 kan doen, wat min ander mense my kan nadoen,” het Player in ‘n onderhoud gesê. Kyk gerus die video onderaan die berig om deur dié lewenslange atleet inspireer te word.

Die “Body Issue” is ʼn uitgawe van die tydskrif wat jaarliks foto’s van meer as 30 atlete naak of semi-naak atlete publiseer. Die eerste uitgawe het in Oktober 2009 verskyn.

Ander atlete wat in vanjaar se uitgawe verskyn is die Skotse gholfspeler Carly Booth, Colin Kaepernick, John Wall en die resieskarbestuurder Courtney Force.

Klik hier om nog foto’s van Gary Player en Carly Booth te sien. (Waarskuwing: Die foto’s is nie eksplisiet nie, maar dalk nie vir sensitiewe lesers bedoel nie.)

Gary se inspirerende onderhoud volg onderaan die foto.

http://youtu.be/qB9O8WMcMHE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Western ·

Hy mag wel goed lyk, maar sy opmerking grens aan arrogansie. Jammer, al is dit hoe ‘mooi’ gedoen, stem ek nie vir naak fotos nie.

Hennie van der Merwe ·

Goeie môre Maroelamedia.

Dit is vir my baie teleurstellend dat ons eie Sportikoon, Gary Player, sy naam so met ‘n plank slaan!. Ek is allermins ‘n verkrampte agtergeblewende witman met verouderde beskouings, eie aan Noag se tydvak. Die agting en respek wat ek vir die man gehad het, het soos mis voor die son verdwyn! Die arme man probeer nou seker die kalklig wat van hom ontneem is deur ouderdom, wat vir ons almal ‘n natuurlike proses is, terug te steel. Ag nee man Gary! Ontmoet jou skadujare met waardigheid! Laat jou nalatenskap nie vir jou kleinkinders ‘n verleendheid wees nie!

WILLIE DU PLESSIS ·

Sy hande en elmboë lyk maar vol plooie en verskrompel. Wonder of hy nog iets wegsteek wat ook hopeloos verskrompel is ?

WILLIE DU PLESSIS ·

Sy arms en elmboë lyk maar plooierig en verskrompel. Wonder of hy nog iets wegsteek wat hopeloos verskrompel is.

ELIZE KOCH ·

EK STEM SAAM: ACT YOUR AGE, MAAR DIE MANNE (WILLIE EN HENNIE)
HET BAIE BESLIS GROEN BAADJIES AAN. HA-HA-HA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.