Video: Enigiets vir liefde

Skermskoot uit die video Foto: Albert Bredenhann, Pixel Pro Photography

Skermskoot uit die video Foto: Albert Bredenhann, Pixel Pro Photography

Gerdi McKenna van Pretoria is ʼn paar maande gelede met borskanker gediagnoseer en een van haar vriendinne wou graag ʼn fotosessie saam met al haar vriendinne reël. Die klomp vriendinne het egter ʼn groot verrassing vir haar beplan.

Albert Bredenhann van Pixel Pro Photography het die fotosessie behartig en die video op Vimeo gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Bernadette van der Walt ·

Mens het nie woorde nie nê! Hooglied 8:6 en 7 sê nie verniet dat die Liefde is so sterk soos die dood. Liefdesdrif so magtig soos die doderyk! Dit brand soos n vuurvlam wat alles verteer! N stroom water kan liefde nie blus en riviere kan dit nie wegspoel (n bos gesonde hare word verwyder daarvoor) selfs al wil iemand liefde koop met alles wat hy besit sal hy net uitgelag word! Liefde kom van die hart – Liefde is Jesus self! En elke knie sal voor hierdie Liefde buig – selfs kanker! Julle is kosbare vriendinne wat meer werd is as goud!

Susan Steyn ·

Dit is die mooiste gebaar van Gerti se vriendinne! Ek sal dit ok doen! Ek het ‘n dogter op10j aan kanker verloor! Sterkte en Voorspoed vir almal wat met die groot K baklei♡

Tams ·

Sjoe, ek is skoon in trane. Ek weet presies hoe Gerti voel, my 1 e chemo 2 weke terug gehad en nog 5 om te gaan. My hare laasweek kort gesny en dit was omtrent ‘n tranedal. Daarna het nog net hier en daar begin hare uitval, maar die kaalkop kom binnekort. Gerti, jou mense is net awesome!! Sterkte met jou stryd – Glo net en moet nooit, ooit moed opgee nie :*

Griet ·

Sterkte, ek weet waardeur jy gaan. Ek’s in 2007 gediagnoseer, behandeling gekry, hare verloor, mastektomie, rekonstruksie, bestraling, alles in minder as ‘n jaar. Al 6 jaar skoon. Ek kyk terug met groot dankbaarheid en verwondering oor al die liefde, ondersteuning en gebede van die Engele om my. Borskanker is nie ‘n doodvonnis nie, dit is ‘n geleendheid om te groei en te ontdek wat regtig binne jou is. Mag jy elke dag gedra word deur die liefde van die mense om jou en elke dag die Vader se liefde en koestering ervaar. Dink aan jou!

Alet Prinsloo ·

Kon nie die trane keer nie. Wat ‘n wonderlike gebaar van haar vriendinne om so iets te doen. Sal dit ook enige tyd doen.

Karin Badenhorst ·

Wow! Awesome vriendinne en sussie! Well done julle en Gerdi, baie baie sterkte vir jou. Met sulke wonderlike ondersteuning kan dit net met jou goed gaan:)

Anna-Marie ·

Ag hoe wonderlik om te sien dat mense nog onvoorwaardelik lief kan wees vir mekaar. Julle lyk almal pragtig met jul mooi gesiggies sonder die hare wat dit omvou. Awesome gebaar.

Willem ·

Wat ‘n wonderlike gebaar van haar vriendinne om so iets te doen. Sal dit ook enige tyd doen.

alida pitout ·

Dis was die mooiste gebaar. My oe uit my kop gehuil. Thumbs up vir julle .

Estelle ·

Hierdie is die mees onbaatsugtigste gebaar wat enigeen vir iemand kan doen. Welgedaan aan almal van julle en ek moet se, julle lyk ongelooflik mooi met die kaal koppe. Baie sterkte vir Gerdi in haar groot stryd. Mag die Here jou op Sy hande dra al die pad.

Erika ·

Opregte onbaatsugtigheid in liefde toegevou, tog kring die effek van hierdie pragtige gebaar soveel verder uit as die binnekamers van Gerdi se hart… Die video is pragtig!!!

Erica ·

Roerend! So ‘n pragtige onbaatsugtige gebaar. Ek het sommer begin huil, dit kan enige een van ons gewees het.

Martha Rudd ·

Ek dink dit was kosbaar mooi!! Kon nie help om n bietjie te huil nie!!! Stunning vriendinne so uit God se Hand!!! You go girls!!!

Tracy ·

So absolutely beautiful…with tears and laughter and admiration for all, but especially to Gerdi for everything she is going through. This has touched my heart and soul. How great to have such amazing friends to support, love and understanding of what is going on in your life. May you feel loved through all of the times that you will encounter. Wishing you strenght and best wishes.

Karin Nel ·

Die vrouens is baie dapper! Amazing!!! Ons kan net se dankie Here vir vriende en familie wat soos U engele, ons wat kankerpasiente is, ondersteun! Dit het ‘n groot impak! My vriende en familie laat my ook sprakeloos. Dankie julle!!

Ek is ook ‘n jong vrou wat in Junie 2013 met behandeling vir borskanker begin het en begin Maandag met bestraling. Die Here is getrou Gerdi, Hy sal jou hierdeur dra, hou net jou hand styf in Sy groot hand.

rene pieterse ·

Sjoe!!!Nadat my mascara afgehuil is en my snikke bedaar het, besef ek weereens hoe belangrik ons vir mekaar is. Elke dag van ons kosbare kort lewe op aarde moet ‘n verskil maak!!

Una ·

Sjoe dit wil gedoen word dit is bystand wat geld nie kan koop nie dis ware omgee uit die hart!

louise ·

Wow ek is so trots om te se daai vrouens is my vriendinne. Toe ek die video gekyk het, het ek my oe uitgehuil. Julle is spesiaal & amazing girls. Gerdi is die amazingste mens en sy raak elke dag met haar hart mense aan. Sy is n dapper, sterk en bitter mooi vrou en ek bid elke dag vir haar. Lief vir jou Gerdi en al die ander kaalkoppies. Xxx Mis julle

Hennie Pienaar ·

Julle lyk te pragtag met julle kaal koppies, meisies met mannemoed, amazing en treffende video. Gerdi ons bid saam met julle dat Jesus jou wel sal genees. Baie liefde groete.

Erka Louw ·

Die trane loop non stop! Dit is ongelooflik wat liefde eintlik beteken. Liefde teenoor mekaar! Dits die mooiste video ooit!

Desiree ·

Dit was super spesiaal! Ek praat van n cancer survivor se oogpunt en ek kan nie vir julle se hoeveel beteken so iets vir ons nie! My vriende het ook hulle hare geskeer en al die fotos gestuur vir my! Dink nie julle sal ooit kan besef watse gevoel deur jou gaan om dit te sien nie, dis onbeskryflik! Dit was vir my baie “liberating” om my hare af te skeer toe te begin uitval het maar ek het geweet op daai stadium is dit die minste van my probleme, bygese ek is n haarkapper, so almal het gedink dit gaan vir my erg wees, maar dit was nie! Well done girls, julle het def haar pad voorentoe makliker gemaak, om te weet sy het soveel mense wat so lief is vir haar! Support sisteem is jou krag deur so iets!

Frances Dürrheim Pretorius ·

Dit is liefde so reg uit die harte van aardse Engele!!! Hoe bevoorreg om sulke vriendinne te mag hè!!! Kom ons wees almal net vir mekaar só lief!!!!!!!!!!

Annerie ·

Absoluut Wonderlik!!!! My sus is gediagnoseer en kry vandag haar eerste terapie………Ek gaan julle voorbeeld volg!

Petro Rabe ·

Ek is deur borskanker en behandeling in 2012. Hoe kosbaar is dit nie dat vriendinne soveel omgee nie. Enige een wat deur kanker gaan het soveel vriende en familie nodig vir ondersteuning. Baie sterkte Gerdi jy is ‘n baie bevoorregte mensie.

Desire van der Merwe ·

Ek ken nie een van julle, maar dit wat julle gedoen het vir jul Vriendin kan nie werklik in woorde I gesit word nie. Julle is ongelooflik! Om deel te wees van haar Lewensbiblioteek en om te kon doen wat elkeen van jul gedoen is is absolutely AMAZING!

yolandi ·

Julle is awesome dames.. as julle net kon weet hoeveel dit beteken. Respek.

Monica ·

Gerdi, dis so wonderlik om die ondersteuning te he wat jy het, want hierdie pad is soms ‘n donkerbos, maar met God aan jou kant en vriendinne en familie soos die, maak dit net jou reis meer genaakbaar! Hierdie pad het ek 5 jaar terug gestap en vandag kan ek getuig van God se genesende hand en Sy absolute liefde. Sterkte en seen bid ek jou toe!

Debbie ·

Ek het twee vriendinne en my ma aan kanker afgestaan. Ek het nou snot en trane gehuil. Mens is net so sterk soos jou ondersteunings groep en Gerdi het n ongelooflike ondersteunings groep. Ek dink julle is wonderlike vriende en familie. Ek dink so aan julle almal wat die pad nou loop. Mag God julle almal seën met Sy genade.

Natalie ·

Sjoe dis mooier as mooi! So fantasties dat mense in n tyd van Nood so styf teen mekaar kan staan en hande vat. Ek het self n ma deur breinkanker verloor.Elke dag wanneer jy n haar uit jou borsel haal onthou jy herhaaldelik dat dit nog iemand se kanker verhaal is en dat iets so kleins n groot leemte kan skep! Pragtig!Pragtig!

natasha biddulph ·

Julle is waardige en merkwaardige girls!
Wat n liefdevolle trotse voorbeeld. Ek glo dit inspireer elke vrou om net nog n liewer vriendin te word!
Sterkte Gerdi. Jy nou in my gebede

Gail Emmerick ·

Absolutely awesome. What a magical group of people. Thanks from me for showing what true friendship and love is.

Ellie ·

Mag genesing intree nie net in die liggaam nie, maar ook in die gees! Want met soveel sielsgenote rondom jou, sal jy nie alleen voel nie. Dis baie spesiaal, en mag julle dit almal onthou as ‘n klein gebaartjie met ontsettende groot krag.

Bella ·

Sjoe – nou loop die trane! Dis amazing om die onbaatsugtige liefde van vriendinne en familie te kon sien. Julle is voorwaar amazing!!

Rene van Reenen ·

Sjoe! Begin ek my oggend met ‘n lekker traan! Julle is pragtig!

martie de jonge ·

Dis ‘n wonderlike gebaar wat’n vriendin kan toon, daar is so min mense wat soveel dankbaarheid en liefde gee.Baie sterkte met al die dokters besoeke en terapie. Dit laat mens net meer besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees en dit kom als deur genade van ONS HEMELSE VADER.

Daleen Kleynhans ·

Wat n voorreg om so n wonderlike groep vriendinne se ondersteuning te he. Ek is nou 5 jaar skoon van kanker. My man het ook sy hare afgesny toe myne moes af. Ek wil net vir Gerdi se ons aanbid n GROOT GOD N GOD VAN WONDERS hou net moed. Ek het graad 3 aggresiewe borskanker gehad. Dertien kliere is verwyder waarvan 10 reeds kanker gehad het en ek is genees. Jy kan jou nie voorberei vir dit wat wag tydens die behandeling nie maar onthou net dit is moeilik maar gaan verby. Baie sterkte en vertrou net op God. Hy is getrou en sal jou deur alles dra.

Johan du Toit ·

Hi Gerdi, jou vriende is goud werd as hulle hulle self sal neerle’ vir jou en probeer help om jou las te dra of immers so bietjie daarvan te verstaan. Ek hoop om jou ook bietjie te help, deur jare se berading en genesings bediening het die volgende openbaring van Vader na my gekom, wanneer n’ vrou bors kanker kry in haar linker bors is dit asgevolg van onvergewens gesindheid of wrewel teenoor n’ ander vrou in haar bloedlyn en in die regter bors n’ vrou buite haar bloedlyn. Ek het dit nog nie gevind dat dit enige iets anders is nie. Hoop hierdie maak vir jou sin en dit help jou met insig rondom wat met jou gebeur. Jy’s welkom om my te kontak as jy meer wil weet. Mens se vriende wys wie jy is! Shalom. Johan du Toit

Retha ·

Op 8 september 2013 het ek my sussie se hare afgeskeer, die paar lokke wat oor was na ‘n hele rits behandelings! Een van my moeilikste oomblike, want ekt geweet dit was haar trots! Syt altyd die mooiste bos donker bruin krulle gehad! 10 dae later is sy oorlede. Julle video is so amazing, julle is vroue v staal met harte v goud!

RITA BEZUIDENHOUT ·

Ek dink dit was die wonderlikste liefdes gabaar, van ondersteuning vir n vriendin.Dit se vir my net een ding, dit is dat vrienskapsbande meer beteken as net te se ek het n vriendin.

Joey Swanepoel ·

Dis voorwaar die grootste liefdesgebaar!! Mens besef nie waardeur die Kankerlyers gaan, tot jy self iemand na aan jou het wat daarteen veg nie!! Julle is die beste vriende waarvoor sy kon vra!

Michelle Smit ·

daai is almal hartsvriendinne vir mekaar… ek kon nie help om trane in my oe te kry nie.. elke vrou het sulke vriendinne in haar lewe nodig… engele van God af gestuur om daar te wees vir mekaar in goeie en slegte tye.. sterkte vir Gerdi… !!xxx

Rita ·

WOW WOW en WOW!!! Nou loop die trane. Het Self einde verlede jaar ‘n vriendin begrawe. Aan elkeen van julle, WELL DONE! Soveel van omgee en saamstaan het ek nog nooit gesien nie. Julle is amazing!

Liz ·

Ek wens ek kon dit ervaar en he toe ek kanker gehad het. Ek moes self met alles deal en moes dit self verwerk. Dit het my geestelik so knak gegee dat ek vandag ‘n sielkundige sien oor ek die trauma, skok, en verlies alles self moes verwerk.
Gerti, sterkte vrou! Ek bid vir jou die Here se wakened hand en liefde oor jou en oor al daardie beautiful mensies wat so mooi na jou kyk en vir jou omgee!
Jy is blessed!

santie grobler ·

Sjoe…… Wat ‘n wonderlike gebaar. Hare is niks in die gesig van soveel meelewing, liefde en omgee vir ‘n spesiale vriendin nie. Hoe geseënd is jy nie en elkeen van julle lyk absoluut stunning

Irena Coetzee ·

Ongelooflike dankbaarheid…nou 71 jaar en het op 35 borskanker gehad…nou vir die derde keer en ja hare is maar n klein deeltjie en besef jy hoe groot God is met al die genade en seeninge wat ek ontvang het…elke dag is vir jou die mooiste dag ! sterkte

Amanda ·

Met sulke maats is dit soos die Here se: as Ek met jou is ….wie kan teen jou wees? Liefde is Jesus en Liefde oorwin alles! Gerdie is n blessed girl. Want al het jy alles en jy het nie die Liefde nie dan het jy n klinkende simbaal geword….. Liefde bedek alles ,hoop alles… verdra alles! Ook kanker!

Hanlie Correia ·

Wow! Ek is stomgeslaan! Ongelooflike vriendinne wat oorloop van liefde.

Antoinette le Roux ·

Dis iets wat vir Gerdi deur die swaar tye sal dra. Julle het n onvergeetlike memorie vir haar geskep

Helen Maritz ·

Speechless…julle almal het harte van goud!!Sterkte Gerdi!!Liefde Helen van Harties.xx

Linda Duits ·

Dis so amazing! Ek het my hare ook afgeskeer vir my boetie, ons het 2 weke terug gehoor hy is kanker vry, hy het brein kanker gehad en ‘n klomp komplikasies, maar dit gaan baie goed met hom! God is groot! Wil net vir haar vriendinne sê hang in there, dit sal alles goed gaan. Gerdi en familie, stekte!

Tina Fourie ·

Sjoe dit was hartroerend en fantasies, om soveel vriende en familie te hê wat jou bystaan en God wat jou hand styf vashou kan jy mos net wen.

Conrad ·

die ergste is dat daar wel natuurlike genesing vir party kankers is. koeksoda maak jou liggaam alkalies en kankerselle kan nie oorleef in dit nie. hemp(dagga) kan kankers genees. wilde als kan dit genees. en baie ander. maar die medici maak te veel geld uit kanker om die geneesmiddels aan te beveel. ondersoek eers voor jy net bestraling kry wat jou 80% van tyd anyway doodmaak.

Kobus van Rooyen ·

Awesome julle is die beste ken julle nie maar Weet as ek vriende soos julle het so ek die rykste man op aarde wees ……. Ek pik nie eens n Traan nie ek tjank sommer

Lamees Barendse ·

Dit is die pragtigste gebaar van ware vriendskap, liefde en bemoediging wat ek al ooit gesien het. May God be the light in all of your lives and guide each and everyone as you share this journey with her.

Thomas de la Port ·

Absoluut die mooiste gebaar wat ek nog gesien het. Het nou die trane af gevee en besef ‘n mens het soveel om voor dankbaar te wees.

cynthia jones ·

Pragtige gebaar, wat net WARE vriendinne vir jou sal doen!! Ek is ook n SURVIVOR en het al baie dierbare vriendinne verloor deur borskanker! Vasbyt en geniet elke dag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Esme Odendaal ·

Liefste, Pienk Dames
Teen hierdie tyd is julle hare seker goed oppad terug en ek bid gene sing aan die were.
God seen julle met liefde en guns.
Kanker oorlewende

Jackie Kachelhoffer ·

Dit is absoluut die wonderlikste vriendinne, ondersteuningsgroep wat sy het. Kan net dink hulle loop hierdie pad saam met haar dag vir dag, geinspireer deur die Heilige Gees. Ek weet, het so pas 2 maande terug my man met nierkanker verloor. Ek het die pad 5 jaar saam met hom geloop. Ek het ook wonderlike vriendinne gehad en nou nog wat die pad saam met my geloop het met die versorging van my dierbare man en maat vir 43 jaar. Die liefde verdra en verduur alles!!!!!

Tersia ·

Dit was nou ‘n baie mooi gebaar van tonne liefde. Ek het nou ook die trane afgevee. Het my man ook aan leukemie verloor so 6jaar terug en dreig al lank om die hare te laat waai. Ons het Saterdag weer my kleinding se hare kort gesny en ek en sy sus het besluit die jaar is die tyd dat ons dieselfde gaan doen! Vir daddy wat nie meer met ons is nie en vir al die mense wat deur hierdie wrede ongenaakbare siekte aangeval word. Dankie vir hierdie ongelooflike mooi gebaar!! Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Amen

Griet ·

Sterkte Gerdi. Jy is geseën met baie spesiale vriendinne/engele. mag jy gou gesond word en eendag terugkyk na ‘n spesiale tyd in jou lewe toe jy vir maande lank gedra was deur liefde en nogmaals liefde!

ellarie ·

Ek kan ok net se WOW vi al di vriendinne van Gerti. Baie besonderse en kosbaare gebaar van jul. Ek bid dat Jesus se krag en genade deur haar sal vloei elke dag met di groot stryd. Ek was 7j terug saam my 7j dogtertjie in n ongeluk, my kop het gebars en Dr moes hare afskeer om sny to te werk. En daai gevoel v kaalkop vrou, het so baie respek vi vroue met kanker gekry! My dogtertjie is opslag dood in ongeluk. Baie seen vi jul almal

Estienne Lingenfelder ·

Sjoe…dit is hartroerend en sooo mooi!!! Julle almal lyk pragtig en moet definitief vir Gerdi ‘n groot inspirasie wees…die Here Seen elkeen van julle Ryklik met Sy Liefde en Genade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.