[Video] Facebook herenig susters ná meer as 60 jaar

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van twee susters se emosionele hereniging vandeesweek ná meer as 60 jaar het sosialemediagebruikers behoorlik in trane.

Die Irish Examiner berig Lesley Fagan van Ierland het in Oktober 2015 gelees van ʼn Chinese tweeling wat by geboorte geskei is en later danksy Facebook herenig is. Lesley (64) se ouer suster is nog voor haar geboorte vir aanneming afgestaan. Lesley het ʼn inskrywing op Facebook gemaak wat die aandag van twee genealoë getrek het.

Die genealoë het Lesley se suster in minder as ʼn week opgespoor. Joan Crawford-Murray (67) van Australië het nie eens geweet sy het ʼn suster voordat Lesley kontak gemaak het nie. Lesley het in 1989 vasgestel sy het ʼn halfsuster.

Die twee susters het mekaar Dinsdag vir die eerste keer by die Dublin-lughawe ontmoet en die hartroerende oomblik is deur die Dublin Gazette op video vasgevang. Joan en haar gesin gaan nou vir 20 dae by Lesley en haar gesin kuier om mekaar beter te leer ken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blinde Sjambok ·

…koeksusters, in die ware sin van die woord …koeksusters!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.