Video: Fynproewers smul aan krieke, miere en wurms

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

Kriek-crostini, bros mieliewurms en selfs miere met ’n sjokoladelagie. Dít is slegs ʼn paar van die peuselhappies wat vroeër vandeesweek beskikbaar was by die opwip-restaurant in Johannesburg wat ook bekend staan as ʼn Pestaurant.

Die eet van insekte staan tans bekend as Entomofagie en volgens die fynproewers is ʼn neutagtige karakter die algemeenste. Die insekte is ook glo baie ryk aan proteïne, die B-groep vitamines en minerale soos yster en sink.

Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DSTV.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lynette ·

Nee o heng ek was noggie so honger nie . Toe ek en my boetie klein was het hy vir ons springkane gebraai . Ek dink ons was nie lekker nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.