Video: Gans te veel mense in dié waterpark!

Skermgreep uit die video

China het tot dusver ʼn snikhete somer beleef en talle mense probeer enigiets om af te koel. In ʼn land met ʼn bevolking van 1,4 miljard mense word sommige plekke maklik oorvol.

ʼn Merkwaardige video wat Saterdag by die Daqing Heiyu Lake Water Park in Heilongjiang verfilm is, wys hoe swemmers in opblaasringe bo-op mekaar gedruk word.

Dit lyk of sommige die oomblik geniet, maar dit is duidelik dat ander ongemaklik voel, insluitend kinders wat sukkel om bo te bly.

Die video was baie gewild op die Chinese sosialemediaplatform Weibo met duisende mense wat hul ongeloof uitgespreek het oor die situasie.

“Ek voel sommer net onhigiënies om daarna te kyk,” skryf een persoon. “Angswekkend!” skryf ʼn ander.

“Dit lyk soos ʼn bakkie Fruit Loops-pap!” het nog iemand laat hoor.

Personeel by die park het aan plaaslike media gesê dit is ʼn algemene verskynsel oor naweke. Een persoon het egter aan die Xiaoxiang Morning News gesê soveel mense kan toegeskryf word aan “nalatigheid” en die park sal voortaan besoekersgetalle monitor om seker te maak dit gebeur nie weer nie.

Die hutsmerk “I never want to go to the water park again” het meer as 90 miljoen kyke gelok met soortgelyke video’s wat gedeel word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AH ·

Dis erg! Iemand kan maklik verdrink en niemand sal dit agterkom nie! Ek raak angstig as ek net na die video kyk! Nee dankie…..ek verkies ‘n koue stort!

Truth2bfree ·

O ja dis nou komies! Ek kyk eerder na Fruit Loops as na Social distance sirkels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.