Video: Gary Player swaai heupe by Sun City

‘n Skermgreep uit die video waarin Gary Player sy danspassies wys. (Foto: Skermgreep/Twitter/Gary Player)

Die golflegende Gary Player bewys keer op keer dat jy nooit te oud is om pret te hê nie.

Die 86-jarige Player het onlangs ʼn video van homself op Twitter gedeel waarin hy saam met twee vroue in tradisionele kleredrag by Sun City heupe swaai.

“Vrydag-gevoel van Sun City. Ek het gehoor julle hou almal daarvan om my bewegings te sien! Geniet die naweek en onthou om pret te hê,” het die afgetrede gholfspeler by dié hartverblydende oomblik op Twitter geskryf.

Die video het reeds meer as 53 000 trefslae en het talle positiewe kommentaar oor die legende se gesondheid en positiewe ingesteldheid ontlok.

“Was daar al ooit ʼn beter advertensie vir gesondheid en fiksheid as Gary Player? Wonderlik!” het ʼn Twitter-gebruiker by dié video geskryf.

Player word steeds as een van die beste gholfspelers van alle tye beskou en is verlede jaar deur oudpres. Donald Trump van die VSA met die presidensiële medalje van vryheid vereer.

Player, wie se gholfloopbaan oor sewe dekades strek, woon tans in die VSA, maar besoek sy tuisland gereeld. Sun City het ook twee gholfbane wat deur dié legendariese gholfspeler ontwerp is, naamlik die Gary Player-buiteklub en die Lost City-gholfbaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.