[Video] Geseënde Kersfees, sal jy met my trou?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Hierdie Kersfees-foto het ʼn spesiale versteekte boodskap.

Die romantiese Tyne Owen van New South Wales het ʼn spesiale manier gesoek om sy meisie, Jamie Sheumack, te vra om te trou, en uiteindelik besluit op ʼn Kersfees-fotosessie.

Die paartjie poseer saam met hul vriende op die foto waar nege van die persone letters dra om “Merry Xmas” uit te spel. Jamie is egter heeltemal onbewus dat hulle almal intussen die letters geskommel, en ʼn vraagteken bygevoeg het.

ʼn “E” en ʼn “A” het die “X” en “S” vervang, en glinsterharte rond die prentjie mooi af.

Die video is al meer as 8 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Die “E” en “A” het omgeruil en die X en S us vervang met harte. MERRY XMAS en toe word dit MARRY (hart in die plek van die X) ME (hart in die plek van die S)

Oulik van hom.

Louis C. Prinsloo ·

Die is ‘n puik manier en datum om die trouvraag te vra. Dit verdien ‘n 1rste plek in die jaar van al die maniere waarvan ek weet waarop trou vraag gevra kan word. Voorstel:
Vorm ‘n kompetisie wat jaarlik gehou kan word vir mense wat videos vir Maroela stuur, waar top 3 trou vraag video’s gekroon word met pryse; met dank van Maroela. Omrede die video’s vir die publiek gespeel word en almal so iets kan gee om trouvraag jaarlik anders en beter te vra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.