[Video] Gesin kweek bielie van ʼn pampoen

Die familie met hul 388kg bielie van 'n pampoen. Foto: Facebook via Goliat van Gat pampoenkompetisie

Die familie met hul 388kg bielie van ‘n pampoen. Foto: Facebook via Goliat van Gat pampoenkompetisie

ʼn Gesin van Pretoria het onlangs met die prys weggestap op die jaarlikse Goliat van Gat-pampoenkompetisie nadat hulle een van die grootste pampoene nóg in Suid-Afrika gekweek het.

Vanjaar se Goliat van Gat-wenner was ʼn gesinpoging. Dié wenpampoen het ʼn allemintige 388 kg geweeg en staan sy plek vol onder die tien grootste pampoene wat nog in Suid-Afrika gekweek is.

Die pampoen is ʼn kortkop agter Suid-Afrika se kampioen-pampoen wat ʼn raps meer as ʼn half ton (504 kg) geweeg het. Die swaarste pampoen wat tot nog toe opgeteken is, is in die VSA gekweek en het meer as 1 000 kg geweeg.

Al die pampoene wat in dié kompetisie meegeding het, word aan behoeftiges geskenk deur middel van Volkshulp 2000.

Die wenners van die kompetisie, Marietta Nel en Hugo le Roux en gesin, het ʼn kontantprys van R3 000 losgeslaan.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henri Combrink ·

Pitte en inskrywings vir die 2017 Goliat van Gat Pampoengroeikompitisie is beskikbaar by TLU SA se kantore in Silverton. R50.00 /inskrywing. Kontak nommer 012 8048031. Vir navrae oor n fees/kompetisie in u gebied kontak Henri Combrink 0825529428. epos. [email protected]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.