Gevangenes by die Monroe County-korrektiewe sentrum in Key West, Florida, is in beheer van meer as 150 diere, waaronder bokke, skape en luidiere.
Volgens die bestuurders van dié gevangenis help dit die aangehoudenes met hul rehabilitasie en hul vonnisse kan selfs verminder word.
Van die gevangenes keer glo ná hul vonnisse uitgedien is, met hul families terug, om te wys waarmee hulle besig was terwyl hulle in aanhouding was.
Ek sidder om te dink wat ons gevangenes met so ‘n inisiatief sou doen… As ons tóg maar moeite kon doen ons te rehabiliteer…. Hier werk dit net nie so nie
Wat ‘n briljante idee. Diere besit eenvoudig die gawe om van jou ‘n beter omgeemens te maak. Hulle liefde is onvoorwaardelik en hulle oordeel nie. Ja, ek weet dit sal nie vir almal werk nie, maar daar is derduisende gevangenes vir wie hierdie soort van “terapie” beduidend betekenisvol sal wees.