Video: Glasbodem-trein bied ongelooflike uitsig

Skermgreep uit die video

ʼn Glasbodem-lugtrein is onlangs in China bekendgestel. Met glaspanele aan drie kante bied die trein ʼn besonderse panoramiese uitsig oor die stad Chengdu.

Die lugtrein, wat deur groen energie aangedryf word, is op 26 Junie in China bekendgestel, berig CGTN.

Die trein is deel van die Dayi Air-projek wat China se eerste hernubare energie-treinspoor insluit. Volgens Global News verwys die nuwe-energie-lugspoor na die swewende trein wat deur ʼn litiumbattery aangedryf word.

Dit is anders as die moltrein of ander treine wat die primêre manier van openbare vervoer in die stad is. Die lugtrein-projek kombineer die eienskappe van toeristevervoer en besigtigingstoere en verbind plekke met relatief min passasiersvloei.

“Dit lyk so futuristies cool,” het een persoon in die kommentaar onderaan die video, wat op YouTube gedeel is, gesê. ʼn Ander het dit as “ʼn uitstekende uitvinding” beskryf.

Die lugtrein bied ʼn 270 grade uitsig oor die landskap onder die trein, wat met panda-grafika versier word. Die maksimum kapasiteit van een treinwa is 120 mense en die trein kan tot 80 km/h haal.

Die Dayi Air-spoorprojek word ontwikkel deur Zhongtang Air Rail Technology. Hulle het ten doel om konstruksie aan die einde van die jaar af te handel.

“Die nuwe-generasie voertuig weeg 2,5 ton, dit is 0,5 ton ligter as tradisionele treine,” het Zhong Min, ʼn adjunkdirekteur van Zhongtang, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niklaas ·

Die Sjinese volk verstom my. Daardie trein stelsel gaan biljoene kos!

andre ·

Vreemd dat ons niks van die Chinese president se dreigemente tydens die onlangse Kommunistiese party vieringe hoor nie ?Die media bly tjoepstil

Elinette ·

Nee, o blikskottel, ek sal te bang wees dat daai glas-bodem uitval …….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.