[Video] Gʼn saai safari-oomblik danksy Suzelle

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Suzelle DIY deel in haar jongste video ʼn paar vernuftige idees om safari- of wildtuinliefhebbers besig te hou op hul volgende uitstappie. Danksy die handige wenke in dié video kan jy verseker weet jy gaan nooit weer ʼn vervelige oomblik tydens jou volgende safarivakansie hê nie!

Al wat jy nodig het om dié uitstappie besonders te maak is ʼn gesoute wilbewaarder, ʼn paar verkykers, ʼn oorlewingskissie vir die bos met rome en medisyne en ʼn kamera vir uitsonderlike foto’s.

Dié video sal verseker dat jy nooit weer ʼn spesiale oomblik in die bosveld misloop nie: staan vroeg op, spits jou ore en bly altyd in ʼn groep.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.