[Video] Gorilla is dol oor foto’s

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn gorilla wat na foto’s op ʼn besoeker aan die dieretuin se selfoon kyk, het sosiale media aan die gons.

Paul Ross, ʼn amateur-videoregisseur, en sy dogtertjie was die dag by Louisville-dieretuin toe hy gesien het hoe ʼn besoeker sy iPhone aan die gorilla, genaamd Jelani, wys. Dit wou voorkom of Jelani baie geïnteresseerd is met dit wat op die skerm aangaan, en Ross het vir die man gevra wat hy vir die gorilla wys. Hy het gesê hy wys hom foto’s van ander gorillas.

Volgens Ross is die videogreep maar ʼn gedeelte van die interaksie tussen die man en die gorilla – hy het glo baie lank by hom gesit en vir hom foto’s gewys.

Jelani is ʼn westelike laagland-gorilla, ʼn spesie wat as “kritiek bedreig” beskou word. Hy bly al sedert 2002 in die dieretuin by Louisville. Die video wys slegs ʼn klein gedeelte van die bewaringsgebied. Die gorillas se hok is 1.6 hektaar groot en daar is binneshuise dagkamers en groot oop stukke veld.

Gorillas is baie sosiaal en die dieretuin poog met dié spesifieke waarnemingskamer dat hulle ook interaksie sal hê met die besoekers aan die dieretuin.

Volgens die dieretuin se webwerf is Jelani “baie rustig” en “hy hou daarvan om na selfoonfoto’s en –video’s te kyk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dis hulle wat ons in die parralament, ag ek bedoel parlement soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.