Video: Goudvisse kan bestuur, bevind studie

Skermgreep uit die video

Goudvisse het dalk ʼn kort geheue, maar volgens ʼn studie deur ʼn universiteit in Israel, kan hulle moontlik bestuur.

Navorsers by die Ben-Gurion-universiteit van die Negev het bevind dat ʼn goudvis se instinktiewe navigasievermoë hulle in staat stel om ʼn robotagtige voertuig na ʼn spesifieke teiken te stuur, as daar ʼn kosbeloning wag.

Die span het ʼn vistenk op ʼn stel gemotoriseerde wiele geplaas in dié ongewone eksperiment. ʼn Kamerastelsel het die vis se bewegings in die water gemonitor en dit dan in navigasie-rigtings omskep. Die toestel beweeg gevolglik in die rigting waar die vis teen die glas gestamp het.

In ʼn video, wat die universiteit vrygestel het, kan mens sien hoe die vis die voertuig bestuur na ʼn visuele teiken – ʼn kleurvolle merk op die muur van die vertrek. Die merk is sigbaar deur die glas van die tenk.

Wanneer die vis die voertuig in die rigting van die teiken bestuur, ontvang hy ʼn kosbeloning.

“Ná ʼn paar dae van opleiding, het die vis na die teiken gery,” het die universiteitspan in ʼn persverklaring gesê. “Hulle kon dit boonop ook doen wanneer hulle op pad onderbreek is deur teen ʼn muur te staan te kom. Hulle is nie om die bos gelei deur vals teikens wat die navorsers op die roete geplaas het nie.”

Die navorsing, wat in die Behavioural Brain Research-joernaal gepubliseer is, “blyk dat die navigasievermoë universeel is, eerder as spesifiek tot die omgewing,” sê Shachar Givon, ʼn PhD-student aan die universiteit se departement van lewenswetenskappe. Givon was ʼn lid van die span wat die eksperiment uitgevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Wat n pot snert. Die vis dink hy swem en dis beweeg alles en dan swem hy aan. Die is die grap van 2022 sover.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.