Video: Grappige video wil jou lewe red

Skermgreep uit die video

ʼn Video wat bietjie ʼn ander aanslag het as gewone padveiligheidsvideo’s, doen weer die ronde op sosiale media.

Dié video, wat reeds in 2016 deur die Nieu-Seelandse verkeersowerheid vrygestel is, is veral gewild weens die grappige aard daarvan. In dié advertensie sal jy nie vervelige statistiek of grusame ongelukstonele sien nie, maar dit moedig motoriste aan om nie hul selfone te gebruik wanneer hulle bestuur nie.

En natuurlik hoe jy die bestuurder kan verhoed om sy selfoon te gebruik as jy ʼn passasier in die motor is.

Lionel Richie se bekende “Hello” speel in die agtergrond en die veldtog, ook genaamd “Hello” is met die volgende slagspreuk gedeel: “Plaas jou passasiers eerste. Bestuur sonder ʼn selfoon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

IK ·

‘Selfoonverslawing, rookverslawing, drankverslawing . . . is almal ernstige goed. Dit is alles behalwe siektes want net jou eie wilskrag kan dit verander. Medisyne alleen is nie die oplossing.

Zella ·

IK so het ander ‘n “eetverslawing”, “televisieverslawing”, “slaapverslawing” en “wat-ookal-se-verslawing”. Alle “verslawings” is dan ernstig. Maar indien daar nie wilskrag is nie gaan dit nie weg gaan vanself nie… Ek het defentief nie die wilskrag om my “rookverslawing” af te skaf nie. My punt is, alle verslawings is verkeerd maar almal het nie dieselfde uitwerking op die mense rondom hulle nie.. My rookgewoonte kan nie iemand dadelik om die lewe bring nie, tensy jy ‘n erge asma probleem het, waar ek die grootste respek sal he om nie naby te rook nie.. Ek het respek vir alle nie rokers. So ek glo dit gaan meer oor die respek eerder oor die gewoonte homself.

Nettie ·

Ek dink ék sal ook ophou “text & drive” as ‘n vrou op só ‘n manier aan my hand vat as ek my selfoon wil nadertrek ………….

Dries ·

Gelukkig het ek nie sulke simpel vriende wat my keer as ek my foon wil gebruik nie. Ek is n man. Ek kan multi task.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.