ʼn Video van ʼn Kanadese ysskaatsdanser wat een van die bekendste tango’s, La cumparsita, met ʼn stoel op die ysskaatsbaan aandurf, het kykers gaande.
Shae-Lynn Bourn (41) het in 2003 saam met haar dansmaat, Victor Kraatz, die eerste Noord-Amerikaanse ysskaatsdansers geword om ʼn Wêreldkampioenskap te wen. Hulle het ook aan drie Winter Olimpiese Spele deelgeneem.
Sy is tans ʼn afrigter in Toronto, Ontario.
Shae-Lynn het al in die vroeë 2000’s vir die eerste keer dié bekende tango op ys aangepak, en sy laat kykers steeds verstom oor haar talent.
Die video word weer wyd op sosiale media gedeel.
Fabulous!
Pragtig
Niks, maar niks so sensueel soos ‘n tango nie … ek gryp ook sommer ‘n stoel!
WOW!!!