Video: Groot ongeluk in die fliek!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Bemarkers krap gewoonlik kop oor hoe om hul boodskap tuis te bring, maar Volkswagen het dalk met dié skokkende advertensie die spyker op die kop geslaan.

Die advertensie is in ‘n bioskoop van MCL Cinema in Hong Kong vertoon en die niksvermoedende fliekgangers se reaksie is afgeneem. Volkswagen het van tegnologie gebruik gemaak wat ‘n enkele boodskap aan selfone in die omgewing kan stuur.

Die advertensie is die afgelope vier dae reeds bykans 5 miljoen keer op YouTube gekyk.
http://youtu.be/Tlxjng8h3Tc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marietta ·

Dit is hartseer dat selfone die plek van kommunikasie tussen vriende ingeneem het, n prioriteit Terwyl ons bestuur geword het, en dat mense absoluut verlore is sonder hulle selfone..Kinders word besig gehou met elektroniese speelgoed Terwyl die familie in n restuarant sit, ipv lekker gesels, Jong mense verbeur hulle geleenthede om mekaar te ontmoet..Maak vandag n reeling dat selfone in teaters, resaurante, kerke en veral in die motor nie beantwoord sal word nie…en sien die verskil..!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.