Video: Groot skrik toe renoster op voertuig afstorm

'n Skermskoot uit die video (Foto: Latest Sightings)

‘n Skermskoot uit die video (Foto: Latest Sightings)

Jy wil nie sommer aan die verkeerde kant van ʼn renoster beland nie! ʼn Video van ʼn swartrenoster wat ʼn wildreservaat se nutsvoertuig bestorm, word wyd op sosiale media gedeel.

Die voorval het in ʼn safaripark plaasgevind toe Andrew (28), die parkbestuurder, en Sam, die assistentbestuurder, jagluiperds in dié park besigtig het.

“Ons het gery om van nader na die jagluiperds te kyk wat ons van die oord af gesien het tydens ons etensuur. Op pad terug het ek egter ʼn vreemde ‘klip’ gewaar wat baie uit plek gelyk het,” het Sam aan die webwerf Latest Sightings verduidelik.

“Ek het nie my bril byderhand gehad nie, en Andrew het gelag en gesê dis nie ʼn klip nie, maar ʼn renoster, waarna ons gerem het om ʼn video te neem. Die skerp remgeluid het byna die renoster se aandag getrek.”

In die video kan gesien word hoe die swartrenoster skielik op die voertuig afpyl.

“Ek het my foon, waarmee ek die video geneem het, laat val omdat Andrew tot byna op my skoot gespring het van skrik,” het Sam geskerts.

Die twee het vertel die renoster het gelukkig so ongeveer 20 cm van die voertuig rem aangedraai en omgedraai. “Ons het toe net senuagtig gelag en die renoster gelos om alleen grimmig te wees.”

Meer as 33 000 mense het binne 24 uur na dié video gekyk.

Bron: Latest Sightings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

cobusp ·

Ja wie kan die ou grote kwalik neem, hy is seker al n paar keer rond gejaag vir sy horing……..deur veld wagters onder andere………….Nou kan mens verstaan hoekom hy so agressief optree

Theresa B ·

Dis presies wat ek ook gedink het, cobusp. Die arme diere is so op hul eie aangewese en dis maar instink om te oorleef. Hulle het ook geen kans teen die spul wat hul eintlik moet beskerm nie, maar tog uitlewer.

Anoniem ·

Dit is eintlik n voorreg om dit te beleef veral oor dit ook ‘n swart renoster is. Die man in die video gaan eendag vir sy klein kinders twee stories kan vertel, een van hoe renosters lyk en vrylik rond beweeg het, en twee dat hy deur een gestorm was.

Cherokee ·

Die renoster het ongeveer 20cm van die voertuig af rem getrap en ‘n u draai gemaak.
20 cm? Sy remme is werklik goed en met daar kolosale lyf draai hy kort.. :-)
Terloops, ek het oorweeg om ‘n renoster aan te skaf as troeteldier maar hierdie video
het my laat besluit ‘n groen iguana of so iets sal ‘n beter opsie wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.