Video: Grootste briefie vir pa in die ruimte

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die 13-jarige Stephanie kan nie net ʼn pen en papier optel as sy vir haar pa ʼn brief wil skryf nie, maar 11 Hyundai Genesis-karre het haar gehelp.

Hyundai het ʼn video opgelaai van hul motors wat ʼn boodskap groot genoeg geskryf het sodat dié tiener van Houston, Texas, se ruimtevaarder-pa dit uit die Internasionale Ruimtestasie sou kon raaksien. Volgens ʼn persverklaring van die motorvervaardiger het 11 motors die Delamar droë meer in Nevada gebruik as skilderdoek. Hulle het die briefie herskep wat Stephanie self geskryf het.

“Dit lyk net soos my handskrif,” sê sy in die video.

Guinness World Records het dit reeds aanvaar as die grootste wielspoorfoto.

Stephanie se pa kon dit inderdaad uit die ruimte raaksien en het ʼn foto daarvan geneem.

Die video is reeds meer as 13 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Superkoel idee en natuurlik baie goeie reklame vir Hyundai!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.