
Foto: Skermskoot uit die video
ʼn Witdoodshaai van oor die ses meter is tydens ʼn duikekskursie naby Guadalupe, Meksiko, afgeneem. Kenners meen dat dié haai ongeveer 50 jaar oud is en dat dit dalk die grootste witdoodshaai is wat nog op kamera vasgevang is.
Deep Blue, soos wat sy gedoop is, was moontlik ook dragtig tydens die neem van dié video. Haaie swem blykbaar nader aan die kus wanneer hulle geboorte gee.
ʼn Brawe duiker word ook in die video gewaar wanneer hy vir Deep Blue ʼn “high five” gee.
Die video is deur Mauricio Hoyos Padilla geneem.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Pragtige en interessante berig. Dankie daarvoor. Onthou net asseblief dat net mense swanger raak. Diere raak dragtig.
LOL!!! wel in “Meksiko” raak haaie blykbaar ook “swanger”……… die “joernalis” al in die skool?
Ek sou hoop sy is dragtig want daarna dik lyfie is skrikwekkend!