[Video] Grootste haai nóg op video vasgevang

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

ʼn Witdoodshaai van oor die ses meter is tydens ʼn duikekskursie naby Guadalupe, Meksiko, afgeneem. Kenners meen dat dié haai ongeveer 50 jaar oud is en dat dit dalk die grootste witdoodshaai is wat nog op kamera vasgevang is.

Deep Blue, soos wat sy gedoop is, was moontlik ook dragtig tydens die neem van dié video. Haaie swem blykbaar nader aan die kus wanneer hulle geboorte gee.

ʼn Brawe duiker word ook in die video gewaar wanneer hy vir Deep Blue ʼn “high five” gee.

Die video is deur Mauricio Hoyos Padilla geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet van der Merwe ·

Pragtige en interessante berig. Dankie daarvoor. Onthou net asseblief dat net mense swanger raak. Diere raak dragtig.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet en Joe

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons het die berig gewysig, dankie!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Joe ·

LOL!!! wel in “Meksiko” raak haaie blykbaar ook “swanger”……… die “joernalis” al in die skool?

Berhalet Beukes ·

Ek sou hoop sy is dragtig want daarna dik lyfie is skrikwekkend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.