Video: Haai val hok aan tydens toeriste se duik

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Toeriste het die oomblik toe ʼn witdoodshaai hul duikhok aangeval het, op video vasgelê.

Die Telegraph berig Hillary Rae Petroski het saam met ʼn vriend gaan haaiduik in Mosselbaai.

“Die ronde reddingsboei aan die kant van die hok is in die helfte gebuig. Van die voering van die buitenste blou versperring is deurgebyt. Dit was nogal ʼn ‘up close and personal’ ervaring,” het Petroski, wat van New York is, gesê toe sy video op YouTube gelaai het.

Die video is reeds meer as 4 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerda ·

Wonder of dit nie dalk dieselfde haai is wat die 2 jong surfers nou onlangs by Plettenbergbaai aangeval het nie?

Berhalet Beukes ·

Ek dink in elk geval duikhokke is ‘n euwel! Ek het gewonder wanneer so iets gaan gebeur!

Martin ·

Ek hoop nie die haai gaan nou weer die skuld kry vir ons as mens se fout nie.

SI ·

Iemand het in ‘n ander berig gevra wat aangaan dat wilde diere die mens so aanval …. hier is jou antwoord …. mens bly oortree!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.