[Video] Hartroerende oomblik toe sy pop ‘soos sy’ kry

Emma druk die pop teen haar vas ('n Skermskoot uit die video)

Emma druk die pop teen haar vas (‘n Skermskoot uit die video)

ʼn Video van ʼn 10-jarige meisie met ʼn kunsbeen wat ʼn pop, wat ook ʼn prostese het, vir haar verjaardag kry, word wyd op sosiale media gedeel.

Dit is nie bekend hoe lank Emma, wat in Texas bly, al met die prostese leef nie.

Courtney Bennett, haar ma, het die video op Facebook gedeel van Emma se emosionele oomblik toe sy besef die pop het ʼn kunsbeen nes sy. Die video is reeds meer as een miljoen keer op Facebook gekyk.

“Julle grap met my!” het sy verbaas uitgeroep. “Sy het ʼn been net soos ek. Dankie! Dankie dat julle ʼn pop soos ek gemaak het,” het ʼn huilende Emma op die video gesê.

Die pop is vervaardig deur A Step Ahead Prosthetics in Amerika nadat verskeie vervaardigers soos LEGO en Barbie onlangs in die moeilikheid was vir hul onrealistiese uitbeelding van speelgoed.

A Step Ahead Prosthetics het in antwoord op die video gesê dié diens word gratis aan gesinne verskaf om kinders hul selfvertroue terug te gee. “Ons voel dit is absoluut noodsaaklik om sulke poppe te vervaardig vir die selfvertroue, selfbeeld en inklusiwiteit van dogtertjies wat ledemate verloor het. Iets soos ʼn pop kan hul welstand ʼn groot geestelike hupstoot gee,” het die organisasie gesê.

https://youtu.be/ilPModfF6Tw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pierrie ·

Ek het nou amper agteroor geval van lag nadat ek jou kommentaar gelees het :D

Karma ·

@Simo, hier langs met het iemand nou wraggies gesit en sommer TWEE uie gesny – van daai pers uie ook nogal! Verdeksels, nou’s die tissue box ok weer DOER anderkant! Dit is nou regtig ‘n tran-in-die-oog en knop-in-die-keel storie!

Willem ·

Aag nee wat. Hier is ‘n hele vrag uie geskil en opgesny by my

Elaine ·

Dit is ‘n uitstekende idee! Dankie vir ‘n maatskappy wat nie net daarop uit is om geld te maak nie. So pragtig.

Henk Brand ·

Wat ‘n ongelooflike inisiatief en die groot impak wat dit in ‘n kind se lewe kan he!

Nommer 7 ·

Ai tog……dis seker die reën hierbuite wat nou in my oë kom sit het….
XOXOXOXOXOX

Theresa B ·

Ag is dit nou nie awesome nie!!! Great idee gewees en ek glo hierdie dogtertjie sal nog hoë hoogtes bereik. Sy sal nie dat iets haar onder kry nie. You go girl!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.