Video: Hawelose vrou met die stem van ʼn engel

Emily Zamourka (Skermgreep uit die video)

ʼn Video van ʼn hawelose vrou wat opera sing het sosiale media gaande en gebruikers meen sy moet eerder op ʼn verhoog verskyn.

“Vier miljoen mense noem LA hul tuiste,” lui ʼn plasing op Twitter deur die Los Angeles-polisiedepartement. “Vier miljoen stories. Vier miljoen stemme … Soms moet mens net stilstaan en luister om een te hoor, om iets pragtig te hoor.”

Die video is reeds deur meer as 500 000 persone gekyk sedert dit verlede Donderdag gedeel is. Die blonde vrou, met haar poniesterte, sing ʼn aria van Puccini by haar winkelwaentjie en sakke.

ʼn Woordvoerder van die polisie het aan AFP gesê die polisiebeampte, wat die video verfilm het, het sommer spontaan gebeur.

Plaaslike media het die vrou geïdentifiseer as Emily Zamourka (52). Sy is ʼn opgeleide violis en pianis wat van Rusland na die VSA geëmigreer het toe sy 24 jaar oud was.

Volgens KABC het Zamourka geen formele opleiding as ʼn operasangeres nie en sy was ʼn onderwyseres voor sy weens gesondheidsredes in ʼn finansiële verknorsing beland het.

“Ek slaap op ʼn stuk karton in die parkeerarea,” het sy aan KABC gesê. “Ek slaap waar ek kan. Daar is mense wat jammer voel vir my, maar ek wil nie ʼn oorlas wees nie.”

Sy sal wel dankbaar wees vir enige hulp om van die straat af te kom en ʼn dak oor haar kop te hê en weer musiekinstrumente te hoor.

“Weet jy hoekom sing ek in die sneltreintonnels? Want dit klink wonderlik.”

Verskeie Twitter-gebruikers het versoek dat haar talent nie verlore moet gaan nie en het America’s Got Talent en The Ellen Degeneres Show gekontak om haar storie te help versprei.

Zamourka het aanvanklik viool gespeel op straat, maar haar instrument is drie jaar gelede gesteel.

Verskeie skarefinansieringswebwerwe is intussen begin om haar by te staan.

Sers. Hector Guzman, ʼn woordvoerder vir die LAPD, het aan die Los Angeles Times gesê Zamourka se stem het polisiebeamptes bekoor. “Dit was wonderlik toe ons dit die eerste keer gehoor het, en dit bly wonderlik,” het hy gesê. “Die boodskap is eenvoudig: Om ons daaraan te herinner om net ʼn oomblik stil te staan en te luister.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ABC het met haar ‘n onderhoud gevoer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

VanAfrika ·

Sy is nog nie pensioen ouderdom nie, sy moet weer onderwys gaan gee of n naskool oopmaak en ook musiek lesse gee, sy is opgelei, sy het uitkoms, hoekom nou op straat slaap.

Johann cb ·

Sjoe, dit is bitter hartseer! Ek moes eers self ‘n traan stort! Hopelik sal ‘n Barmhartige Samaritaan kan help! Sy verdien beter!

VanAfrika ·

Sy is nog nie op penioen ouderdom nie, sy kan weer gaan skool gee of haar eie naskool begin en ook musiek gee. Sy is geleerd, sy het uitkoms. Hoekom nou op straat slap?

se maar net ·

Jy het geld nodig om geld te maak. Sy se mos sy kon nie meer rent betaal nie? Onthou maklikker gese as gedaan as jy nie in haar skoene is nie.

VanAfrika ·

@se maar net, nie makliker gesê as gedaan nie, haar naskool en muskieklesse of onderwyspos kan vir haar huur betaal, en sy sal genoeg geld maak om nog kos te kan koop en dalk n vakansie. My suster en swaar het dit gedoen, toe hulle retrench is het sy n pre-school oop gemaak met die bietjie kennis wat sy opgedoen het toe sy noodgedwonge by n kleuterskool moes werk kry en dit het haar toekoms uitgelê, vandag twintig jaar later het sy n florerende pre-school, sy het nie op straat gaan slaap nie. My swaar het n burger kafee oopgemaak en voer die mense in n industrieële gebied die lekkerste burgers en bring so n daalder huis toe. Waar daar n wil is, is daar n weg, veral as jy met n geleerde agtergrond sit.

Jerry ·

Net toe ek begin dink ek kan nie meer huil nie, toe huil ek snot en trane oor Emily se verhaal en toe maar sommer ook weer oor Danville se mense!

Maria ·

WWWoooooooooow……kry skoon hoendervleis hoop iemand …iemand sal haar kans gee vir haar nuwe hoop.

Linda ·

Sy lyk soos Phoebe van Friends… Mens kan amper sweer die karakter is op haar geskoei. Hoop uit my hart dat iemand haar help om haar omstandighede te verbeter.

Frans C ·

Wat ‘n tragiese verhaal ,sover van jou geboorteland en dan op straat in ‘n land waar die
‘American dream in ‘n American nagmerrie’ verander het.Tragies dat ‘n gewetelose dief
haar van haar bron van inkomste beroof het.

Mag mense hul spoedig oor haar ontferm,sy verdien beter as dit.

George ·

Dis nie dat ek nie simpatie met die dame het nie, maar as ek kyk na die (veronderstel) inkopies wat gedoen is, dan is dit bietjie ver van ‘n “hawelose”.

Susan ·

Hahaha, George, inkopies….Dis goed wat mense weggooi wat sy optel. In ander lande is dit nie soos by ons dat jy n ding tien lewens gee nie, as jy hom vir n tyd nie gebruik nie, gooi hulle dit uit en dan is daar niks fout met die ding nie. Dis asblik shopping and verge collection wat jy daar sien, nie n sent betaal nie. Mag iemand haar help weer op haar voete kom.

Foxi ·

Dis nie inkopies nie, dis AL haar besittings wat sy saam met haar dra. Mag sy skitter soos n ster!

Han ·

Ek stem klere nie eers vuil nie hare mooi skoon en goed versorg dalk ñ foefie storie

Anton Smith ·

Lanklaas so pragtige suiwer stem gehoor!!Waarom het niemand haar in die verlede of vroeë lewe raakgesien nie??Tragies!!Verborge talente onder die maatemmer,wat nou eers navore kom!!Soos die spreekwoord lui:”Liewer later as nooit nie”!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.