Video: ‘Helikopter-hond’ spog met sy talent

Skermgreep uit die video

ʼn Video van dié ‘helikopter-hond’ is net wat jy nodig het om jou op te beur.

Die video, wat baie gewild is op sosiale media en reeds meer as 7,3 miljoen keer op Twitter gekyk is, wys hoe ʼn hond opgewonde oor ʼn hek, van nagenoeg 1,2 m hoog, spring.

Helen Laura Morrey, van Wallis, het oorspronklik die video van haar hond, genaamd Maldwyn, op Instagram gedeel. Dit het daarna na verskeie ander sosialemediaplatforms versprei. Die video is in Merthyr Mawr verfilm en wys hoe Maldwyn oor die hek spring – terwyl sy stert soos ʼn wafferse helikopterskroef in die rondte draai.

Helen het aan Daily Mail gesê sy het saam met haar honde Maldwyn, Taro en Sky gaan spring toe hy skielik met sy talent spog.

“Ek is geseënd, om in tye soos dié, plekke op my voorstoep te hê waar ek met die drie kan gaan stap,” het sy gesê toe sy die video op Instagram gedeel het. “Maldwyn was lekker laf en het in ʼn helikopter verander.”

Klik hier as die video nie in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Flemming ·

Kyk op You Tube:- Basenji Vera Lynn ignoring the lockdown

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.