ʼn Helikopter wat tydens ʼn opname van die program Top Gear Korea neerstort, is op film vasgevang.
Die aanbieder, Kim Jin Pyo in sy Corvette ZR1 jaag tydens die program teen ʼn AH1 Cobra-helikopter in ware Top Gear-styl. Niemand is ernstig beseer in die ongeluk nie. Meer as 9 miljoen mense het reeds die video op YouTube gekyk.