Video: Help, dit reën spinnekoppe!

Skermgreep uit die video

Maak nie saak watter weersomstandighede jy ervaar nie – ten minste kan jy sê dat dit nog nie by jou spinnekoppe gereën het nie.

Inwoners van Minas Gerais in die suide van Brasilië kan egter nie dieselfde sê nie. Dié inwoners het berig dat honderde spinnekoppe in die lug gesien kan word. Die webbe is só fyn dat dit byna nie met die blote oog gesien kan word nie, so dit lyk of die spinnekoppe net in die lug sweef.

Die spesie Parawixia bistriata is verantwoordelik vir dié ontstellende gedrag. Die spesie is ook meer sosiaal as ʼn gewone spinnekop en hulle span dus saam in warm, bedompige weerstoestande. Hulle bou groot webbe om sodoende hul prooi te vang.

Hulle is van vroegaand te sien en bly dan deur die aand op hul webbe. Vroegoggend eet hulle alles wat hulle deurnag gevang het voor hulle weer tussen die plantegroei verdwyn.

Aragnologie-kenner prof. Adalberto dos Santos van die Federal University of Minas Gerais hou vol die spinnekoppe is voordelig vir die omgewing – hulle reguleer insek- en muskietbevolkings en hul byt is nie skadelik vir mense nie.

Lees meer: The Guardian

https://www.facebook.com/cecilia.fonseca.712/videos/vb.100003349125176/1962652493856369/?type=2&video_source=user_video_tab

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

mc ·

Nie eers die see sal my agterna skoongewas kry nie. Ai hoe gril ek nou.

Johnnie ·

MC ek stem 100% met jou saam en daar sal skielik n baie onaangename reuk wees wat hulle tot by die suid pool sal verdryf.

Jo-ahri ·

Ek het ongelooflike erge fobie met spinnekoppe. Dis onaangenaam om net na die video te kyk. Sal nooit oorleef om werklik daarna te kyk. Dis afgryslik.

dejager ·

Ek het een jaar by Mcarthys Rus in die kalahari so ń spinnekopreën ervaar.Die spinnekoppies het elkeen gesweef aan ń dun draadjie .Dit het daardie nag kom reen en ek vermoed dit was ń tegniek om na hoër grond te beweeg.

Nettie ·

Dis dalk ook dié gedoentes wat verantwoordelik is vir “spinnerak-wolke” – massas en massas gewoonlik anti-sosiale spinnekoppe wat a.g.v weersomstandighede of die skielike voorkoms van ongewone hoeveelheid van hul natuurlike prooi, saamkloek en yslike groot “wolke” van spinnerakke weef in sekere subtropiese gebiede; sodra die weersomstandighede verander en hul natuurlike prooi uitgedun raak, verdwyn dit weer. Ek het so iets op National Geographic gesien ‘n rukkie gelede.

AmY ·

En ek get juis gisteraand ‘n onderonsie met’ n spinnekop gehad…

Nikita ·

Jig..jig..sal ek nou vir jou n keelgat opsit met vreemde tale!! Enige gogga & spinnejaan groter as n ryskorrel..moet eerder ver weg van my AF bly..want maatjies..die sal ons nooit kan wees.

Isabel ·

Nie gevaarlik nie se dinges man, ek grou n gat en word n mol…. rerig ek sal sterf as so iets hier moet gebeur, ek kan nie eers na n prentjie van n spider kyk nie dan wil ek die horries kry, jig hoe gril ek nou ?

Pop ·

Ek lief die goedjies. Hulle vang vliee en muskiete en doen niks aan mens nie. My huis is vol spinnekoppe. Ek red hulle ook gedurig en plaas hulle iewers waar hulle veilig is. Die ou groot bobbejaan voel soos n klein katjie in mens se hand. Buite maak hulle korte mette met plant luise ens.

Suzie ·

My man en my seun het die massa spinnekoppe wat soos wolke lyk en af sweef en op die grond land in Ghana beleef. Hulle se dit was nogal ‘n ervaring wat hulle nooit sal vergeet nie.

jannie ·

Ek sal voel soos jannie die spiderman tussen hulle…..cool!!

Helene ·

Ek is mal oor spinnekoppe. Dit moet ‘n belewenis wees! As ek ‘n spinnekop gewaar, neem ek ‘n foto en vra die mense met kennis om hulle te ID. Sodoende leer ek ook meer van hulle.

gabriel smit ·

ons is geseënd hier aan die weskus met wind, BAIE wind; daai goed staan GEEN kans hier nie :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.