Video: Herdershond speel saam Jenga

Mary en Secret (Foto: my_aussie_gal/Instagram)

Dié hond het meer vernuf as meeste mense!

Secret en sy eienaar Mary, van Australië, speel graag saam Jenga.

“Ek het ʼn rukkie gelede vir Secret geleer hoe om Jenga te speel, en nou kom sy uiteindelik reg. Sy geniet speletjies waarby presisie betrokke is (soos Jenga), en nou het ons saam baie pret!” het Mary op ʼn Instagram-plasing gesê.

Mary en Secret spog met meer as 380 000 volgelinge op Instagram en die video waar Secret saam Jenga speel, is binne 24 uur reeds byna 3 miljoen keer op Facebook gekyk.

Amazing Aussie Dog Plays Jenga Like A Pro With Owner

The way she pulls out each block so carefully is absolutely mind blowing. I’m lost for words… ????

Posted by Woof Woof on Thursday, June 6, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Go Secret ·

Oulik. Diere is oor die algemeen baie slimmer as wat mense besef. Net vir Secret ‘n bakkie water naby sit. Sy lyk lekker dors.

Nel ·

Pragtig! Die Borderkollie is seker loshande die mees intelligente honderas.

LB ·

Wow dit is lekker om te sien! As alle mense net die intelligensie van diere kan besef en hulle met die liefde en respek wat hulle verdien kan behandel sal ons wêreld ‘n baie mooier plek wees. Daar is soveel lyding onder die diere en min mense gee om of weet daarvan. Laat hierdie video almal inspireer om meer te doen vir elke dier op hul pad.

Gert ·

Absoluut fantasties. Moenie Honde onderskat nie, hulle weet meer wat in ons koppe aangaan as wat ons weet wat in hul koppe aangaan.

Andreas ·

Ek het idee hierdie hond sal mens oor ‘n jaar of twee Afrikaans kan leer praat. hehehe … en vir Lesufi op so ‘n paar punte wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.