Video: Hier is die boetie van die jaar!

Skermgreep uit die video

Sarahanne Mora, van Elk Grove in Kalifornië, het Maandag ʼn video van haar seun en dogter op Instagram gelaai en sou nooit kon raai dat dié dierbare oomblik wêreldwyd aandag sou trek nie.

Die dogtertjie probeer om ʼn doel te gooi, maar sy mis en begin daaroor huil. Haar boetie is vinnig daar om haar te troos. “Dis oukei, jy is sterk!” sê hy. Hy gaan haal dan die bal, sit dit weer in haar hande en tel haar op om seker te maak sy kan dié keer die bal in die net kry.

Sy is sommer dadelik trots op haar sukses en haar boetie kom vier die prestasie met ʼn soen op haar wang.

Sarahanne Mora sê sy is trots op die boodskap van “positiwiteit, ondersteuning en liefde” wat haar kinders nou wêreldwyd deel.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Skerpioen ·

Dis die mooiste ding wat ek in ‘n lang tyd gesien het. As die res van die wereld maar net soos hierdie boeta-kind kon gewees het… Mag jy en jou sussie sommer nog baie geseen word in julle lewe… en versprei julle liefde en goedheid aan die res van die wereld asb.

Anoniem ·

Hierdie boeta is nog veels te jonk om te kwalifiseer vir ‘n Bell’s – gee hom dus ‘n tjoklit melkskommel!

Sonette ·

Is dit nou nie kosbaar nie? Pragtig. Ek staan elke keer opnuut verstom oor die hoeveelheid geloof en vertroue wat kinders in die wêreld het. Ons as volwassenes kan gerus na die kleingoed kyk en probeer die wêreld deur hul oë sien – daar is soveel mooi in lewe en deur ons gejaagdheid kyk ons dit mis.

Sarie ·

Dit is SO dierbaar. Die boetie sal altyd daar vir haar wees en eendag sy eie vrou ook so mooi behandel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.