[Video] Hoe wolwe die natuur gered het

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Niemand sou ooit kon raai hoe 14 wolwe ʼn hele ekostelsel kan herstel nie – en dié video is ʼn duidelike bewys dat elke dier sy rol het wat hy in die skepping moet vervul.

Die Amerikaanse Vis- en Natuurdiens en Kanadese bioloë het in 1995 14 wolwe in Kanada gevang en hulle in Yellowstone-park vrygelaat. Sedert 1926 was daar geen wolwe in dié park nie.

Binne vyf jaar het die aantal wolwe toegeneem en die effek van die wolwe in die park was verstommend. Die wolwe het die hele ekostelsel in die park herstel tot só ʼn mate dat selfs die riviere getransformeer is.

Binne ses jaar het van die bome tot vyf keer hoër gegroei.

Dié video wys jou die skepping in sy volheid.

Die video is deur Sustainable Human op YouTube gelaai en is reeds deur byna 25 miljoen mense gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Denise ·

Fantasties die mens kan by die diere leer hulle is ongelooflik wens ek kan daar saam met hulle bly ek trotseer liewer elke dag n wolf of beer as hier tussen die onbeskaafde wereld van ons!!!!

marianne ·

Ek wens daar was meer dierlike mense wat ons natuur in al sy glorie wil bewaar….
Kyk niemand na The Lion King nie??? “Simba we are all part of the great circle of life”

Justa ·

Nou moet die jagters ook net in kennis gestel word want in Amerika word wolwe op groot skaal geskiet.

Theresa ·

Dis so mooi om te sien! Wow, nog iewers waar iets positief en vooruitgang gesien kan word – regtig verfrissend en opbouend.

lynette ·

Dit is fantasties . Daai wolwe is ongelowig mooi . Dit is so goed dat iemand God se skepping so mooi oppas .

Ansie Geldenhuys ·

Stomgeslaan! Die werk van die Hand van Bo! Pragtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.