Video: Hoendervel-mooi weergawes van bekende Kersliedere

Pentatonix

Pentatonix

Pentatonix, ʼn a capella-sanggroep, se hoendervel-mooi weergawes van bekende Kersliedere maak opslae op YouTube.

Die groep se weergawe van Mary, did you know? en Silent Night is reeds miljoene kere op YouTube gekyk. Pentatonix se Kersalbum That’s Christmas To Me laat intussen ook die rekords spat. Dié album beklee die hoogste posisie op die Billboard 200-treffersparade vir ‘n Kersalbum sedert Micth Miller & The Gang se Holiday Sing Along With Mitch in 1962. Pentatonix se album is tans in die tweede posisie op die trefferparade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.