[Video] Hoeveel geld sou jy vat?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Coby Persin, wat gereeld maatskaplike eksperimente doen om mense se reaksies te toets, bewys in dié video weereens dat dit soms die mense is wat die minste het, wat ook bereid is om met die minste klaar te kom.

Persin het kontantnote op ‘n baadjie vasgemaak en in New York gaan rondloop met ‘n bordjie wat sê: “Vat wat jy nodig het.”

Hoeveel geld sou jy van sy baadjie afgehaal het?

“Jy het sukses in die lewe behaal wanneer alles wat jy regtig wil hê, al is wat jy regtig nodig het,” skryf Persin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Ja, my pa het altyd gesê koop net dit waar sonder jy nie kan klaarkom nie. Hoe ouer ‘n mens word hoe meer sien jy dat wêreldsgoed nie geluk bring nie.

Frans ·

Die eksperiment bewys dat ons alhoemeer in ‘n egosentriese selfsugtige wêreld lewe met mense wat dink dat ander mense daar is om in en aan hul behoeftes te voldoen.

Griki ·

As ek dit nie met my eie oë gesien het nie, sou ek dit nie geglo het nie. Liewe Vader, hoe laag het ons mense gedaal? Maak nie saak hoeveel ‘n mens het nie, klas kan nie gekoop word nie. Wys jou net hoeveel ryk mense word ryk omdat hulle letterlik van armes steel. Ek’s dankbaar ek hoef nie eendag met soiets op my gewete voor die poorte te staan en dit te verduidelik nie.

natasha ·

Ek stem 100% met jou Griki. Dit is vieslik verby hoe sommiges op tree. Hoe kan mense so verwaand wees? Dit is regtig narsistiese optrede.

Berhalet Beukes ·

Ek sou nie nie ‘n sent wat waarvoor ek nie self gewerk het nie.

Landiq ·

Die vid het my baie na aan trane gehad – maar ook kwaad. Die werklikheid is dat dit so is – omtrent almal het gese ‘we dont need it’ maar steeds gevat. Danki vir die mense wat min het en steeds gee en oor ander omgee….

SNEL ·

Dis vreeslik om te sien hoe die mense optree, en hulle het nie eers n skaam haar op hulle koppe nie. Hulle het reeds so baie, maar wil net nog meer hê. Ek hoop egter iemand sien daardie laaste man wat mens amper in trane gehad het raak, en help hom om uit sy omstandighede te kom. Mag die Here hom seën op sy lewenspad op alle gebiede in sy lewe. Hierdie man het ‘n baie goeie vrygewige hart en dit terwyl hy self so min het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.