[Video] Hommeltuigfiets vlieg toe regtig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn hommeltuigfiets het die kuberruim op hol en is binne 24 uur reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.

Colin Furze, uitvinder en YouTube-sensasie, het dié hommeltuigfiets gebou. Alhoewel dit nie vreeslik hoog opstyg nie, is dit duidelik dat Furze met tye wel “vlieg” met dié fiets.

Die motormaatskappy Ford het Furze gekontak en gesê hy moet “alles vergeet” wat hy van beweeglikheid weet en kyk of hy kan vlieg. Die uitslag is dié hommeltuigfiets.

Video’s van Furze se plan en ontwerp volg onderaan.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Emile ·

Herinner nogal aan Wilbur en Orville Wright se eerste vlug. Mag daar nog groot dinge hiervan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.