Video: Hond en eienaar ná drie jaar herenig

Giorgi en Jorge (skermgreep uit die video)

Hulle is die mens se beste vriend – en dié video is genoeg om enige hart te vermurwe wanneer ʼn hond en sy eienaar ná drie jaar weer herenig word.

Giorgi Bereziani (62) van Tbilisi in Georgië het in 2015 sy geliefde hond, Jorge, verloor. Drie jaar lank het hy tevergeefs die strate deursoek en selfs plakkate versprei. Werknemers by ʼn operahuis het Giorgi egter onlangs gekontak om te sê hulle het ʼn rondloperhond in die gebied opgemerk wat soos Jorge lyk.

Giorgi het dadelik op ʼn bus geklim om so vinnig as moontlik by die toneel uit te kom. Sy swart-en-wit brak het moeg en vuil langs ʼn boom gelê met ʼn geel kaartjie in sy oor wat beteken dat dierebeheer hom opgetel, ingeënt en weer op die strate losgelaat het.

“Jorge, is dit jy?” roep Giorgi in die video. “Jorge, dit ís jy!”

Dit lyk aanvanklik of die uitgeputte brak nie eers besef dat iemand hom roep nie, maar dan herken hy sy eienaar se stem en hy is klaarblyklik baie opgewonde om hom te sien – hy tjank en waai sy stert en spring op Giorgi in ongeloof. Jorge is nie meer ʼn rondloperbrak nie, hy is weer tuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Skerpioen ·

Dis so mooi. Ek is ook sommer in trane. Dat dit nou 3 lange jare moes geneem het om die hond en eienaar weer bymekaar te bring. Ai ek is so opgewonde vir hulle albei se part.

Erika ·

Ons het n rukkie terug n Rescue Pitbul aangeneem. As ons van die winkels af kom huil hy net so. Hy ly aan skeidingsangs. Ek het nou lekker gehuil. Bky fie twee us bymekaar.

Ruby ·

Aawwww, dis so pragtig.

Ek wens ek kan elke dier se stukkende hartjie weer heel maak.

Honde ·

Ek kan nie my huis sonder my diere indink nie. ‘n Mooi storie vir ‘n verandering. Moeg vir al die moord, korrupsie ens.

Theresa B ·

Dis nou awesome. Hulle kan nie praat nie, maar hul vergeet nooit. Ek is so bly hulle het mekaar weer gevind. Siestog!! Nou gaan albei lekker slaap.

Penellope Jones ·

Ek huil oor hierdie storie!
Oor blydskap dat hulle mekaar weer gevind het maar ook hoe bitter swaar Jorge en sy eienaar gekry het om nie bymekaar te wees nie – ai die verlange en kommer moes baie erg gewees het!!
Ons is ook hondeliefhebbers – het self nie meer honde nie, maar ons kind het so ja, hulle kruip in mens se hart in soos net ‘n woef kan, sonder enige pretensie.

Tienie ·

Wat ‘n pragtige berig – ek het 6 sulke pragtige honde kinders waarvan een heeltemal doof is en sy het absoluut die mooiste ge-aardheid en gee soveel liefde . PRAGTIG ‼️

Gina ·

As my hondjie moet wegraak sal ek van my kop af raak. Ek sal nooit kan vrede vind nie en sal seker vir ewig aanhou soek tot ek self nie meer daar is.

Andrea ·

Wat n pragtige verhaal. Hoop hul word lank vir mekaar gespaar.

Ben ·

Wonder waar en hoe hy verlore geraak het? Mense wat lief is vir diere, is gewoonlik naby aan die Skepper. met liefde kan jy alles oorwin. My Kat het onlangs met die paar seisoen nie tergug gekeer huis toe nie. Wat hartseer is, is dat daar mense is wat katte met winbukse skiet. Dit is gewoonlik as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. As ‘n Kat jou huis uitsonder dan het jy Muise of Rotte of Kakkerlakke. As jy se nee dit is nie so dan se ek vir jou, jy weet nog van hulle nie, hulle is daar. Die kat doen jou ‘n guns. Pragtige Storie – so nou en dan goeie nuus.

Lukie Carelsen ·

Dis sulke stories wat mens vervul met hoop en geloof want God is in beheer en Hy sorg vir die voëltjies en al die diere!
Dankie Maroela dat julle sulke opbouende berigte met ons deel te midde van al die negatiewe gemors wat gebeur!

Nettie ·

Hoe sit ek dan nou met trane wat teen my wange afloop en ‘n knop-in-die-keel wat só groot is, dan ek skaars kan sluk!

Ai jinne, so bly die woef en sy mens is herenig. Dis fantasties dat Tibilisi se munisipaliteit of owerhede ‘n inentingsprogram het vir rondloper/verlore diere! As Giorgi egter sy woef ‘n mikroskyfie laat insit het, was sy woefkind nie so lank verlore nie!

tamboti ·

Ja honne darem, was dit ‘n kat – het hy jou net soo-ooh aangekyk.

coreen ·

mooi storie dankie .. mense het mooi na hom gekyk of hoe hy ookal oorleef het .. gladnie maer ..

Juané ·

So mooi. Ek lief diere. Miskien kan ek vorentoe ook ‘n eie huisie hê sodat ek ‘n woef of 2 kan aanhou.

IK ·

Dis nie heeltemal korrek om hondejare met sewe te vermenigvuldig vir mensjare want dit hang af vd soort en grootte. Sou die hond se leeftyd 15 mensjare wees dan is die 3 jaar 20% van sy leeftyd sonder sy eienaar. Nou wonder ek of die 3 mensjare vir die hond gevoel het soos 20 jaar?

Charmaine ·

Ag ek huil sommer van blydskap…daar is niks beter vriende as jou diere nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.