Video: Hond en rob speel saam bal

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn hond en ʼn rob wat saam bal speel op ʼn strand maak opslae op sosiale media.

Die gebruiker Buitengebieden het Dave Nelson se video op Twitter gedeel. ʼn Man speel bal saam met sy hond wanneer ʼn gretige rob besluit om saam te speel.

Die man gooi die bal in die see en binne sekondes jaag die rob en die hond om albei die bal te gryp. Die hond wen en bring die bal terug na die man.

Die video is reeds meer as 1 miljoen keer gekyk.

“Landhond vs. seehond,” skryf een gebruiker in die kommentaar. “Diere bring so baie vreugde!” skryf ʼn ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.