Video: Hond hou dop dat sy huiswerk doen

Xu Xinya en Riceball (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Pa in Guiyang, in die suidweste van China se Guizhou-provinsie, het die gesin se hond opgelei om seker te maak sy dogter doen haar huiswerk.

Die hond, genaamd Riceball, is opgelei om met sy twee voorpote op die tafel te staan terwyl Xu Xinya haar huiswerk doen – en seker te maak dat haar aandag nie afgelei word deur haar selfoon nie.

“Ek het hom van kleins af geleer om seker te maak die kat eet nie ander kos nie,” het Xu Liang verduidelik. “Op ʼn dag het ek uitgevind my dogter is stout wanneer sy veronderstel is om haar huiswerk te doen. Ek het Riceball toe geleer om wag te hou oor haar ‘sussie’, en seker te maak sy doen haar huiswerk.”

Xinya sê dis lekker om geselskap te hê terwyl sy werk. “Nou is die nie meer so vervelig om alleen my huiswerk te doen nie, en my aandag word nie afgetrek nie. Dit voel of ek ʼn klasmaat het!”

Die twee is onafskeidbaar en die brak luister nou selfs ook wanneer Xinya haar klavierlesse oefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lizelda ·

My seun se kat het weer OP sy boeke gaan le wanneer sy gedink het hy het “genoeg” geleer dis nou volgens my seun haha. Maar dis te cute. :-)

Anoniem ·

Wonder wat maak Riceball as sy aan haar selfoon vat? Blaf?

Shanie ·

Ilze ek stem 100% met jou saam!! Honde is altyd baie beter as sommige mense wat ek ken en slimmer :)

Johan ·

Ek het 2 van daai Zwiss Shepard’s gehad,jy kry Nie slimmer honde Nie!Probeer dit Vir n Terrier Leer!!

Pinokio ·

Sý moet net nie vir Ricebal leer om haar huiswerk te doen nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.