Video: Hond red kind van mishandeling

finnBenjamin en Hope Jordan se hond het hul sewe maande oue baba van die mishandeling van ʼn kinderoppasser gered.

Die egpaar het onlangs na Charleston, South Carolina in Amerika verhuis en was op soek na ʼn kinderoppasser vir hul baba, Finn. Hulle het die 22-jarige Alexis Khan aangestel omdat sy soos die gepaste kandidaat voorgekom het. Vyf maande ná haar aanstelling, het hulle egter agtergekom dat hul hond baie beskermend teenoor Finn optree sodra Alexis naby hom kom.

Hope het voorgestel dat hulle ʼn iPhone-slimfoon onder ʼn rusbank moet versteek om alle gesprekke op te neem. Hulle was geskok toe hulle later na die opname geluister het. Mens kon hoor hoe Finn huil en hoe Alexis op hom skree om stil te bly. Volgens Benjamin het hulle daarna klapgeluide gehoor en hoe Finn se huil vererger.

Alexis is ʼn paar weke later in hegtenis geneem en sy het skuldig gepleit op die aanklagte. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis waarvan sy ten minste een jaar moet uitdien voordat sy vir parool kan aansoek doen. Haar naam is ook op ʼn kindermishandelingsregister geplaas om seker te maak dat sy nooit weer die geleentheid sal kry om met kinders te werk nie.

“As dit nie was vir ons hond nie, sou ons nooit geweet het wat met Finn gebeur nie,” het Benjamin gesê. “Hy het Finn se lewe gered.”
Live5News.com | Charleston, SC | News, Weather, Sports

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.