[Video] Hond ‘speel hy’s dood’ toe hy park moet verlaat

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn hond wat platval en maak asof hy “dood” is wanneer sy eienaar hom probeer oortuig dat hulle ʼn ontspanningspark moet verlaat, het weereens sosialemediagebruikers gaande.

Die video, wat reeds in 2013 op YouTube gelaai is, maar nou weer wyd gedeel word, is reeds byna 8 miljoen keer gekyk. Die video is glo deur twee mense in Piedmont Park in Atlanta in die VSA afgeneem en wys hoe ʼn eienaar sy hond probeer oortuig om op te staan, terwyl die hond net doodgewoon weier om die park te verlaat.

Die eienaar probeer die hond oortuig om op te staan deur sy voorbene te wikkel en hom op sy maag te rol, maar die hond wil niks weet van die lekker speelplek agterlaat nie. Mooipraat en ʼn paar trekke aan sy leiband wil ook nie werk nie.

Dit is uiteindelik ʼn stok wat die woef genoeg interesseer om maar boedel oor te gee en agter sy baas aan te stap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Ag los my dis so lekker in die park. Net nog n bietjie sluimer asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.