Video: Hond stap ver om eienaar te vind

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

’n Miniatuur-schnauzer van Cedar Rapids in die Amerikaanse deelstaat Iowa het sowat 15 blokke ver geloop om vir haar eienaar in die hospitaal te gaan kuier.

Nancy Frank, haar man Dale, en hul twee miniatuur-schnauzers, Sissy en Barney, woon in die suidooste van Cedar Rapids, berig KCRG. Nancy word die afgelope twee weke in die Mercy Mediese Sentrum, sowat 15 blokke van haar huis af, behandel nadat sy ʼn operasie ondergaan het.

Dale was verlede Saterdag platgeslaan nadat Sissy onverwags van die huis af weggehardloop het. Dale het egter kort hierna ʼn oproep van veiligheidspersoneel by Mercy gekry om hom mee te deel dat Sissy by die hospitaal is. “Sy wou haar ma gaan sien het. Sy was op ʼn missie maar sy kon nie die regte hysbak kry nie. Ek weet nie hoe sy die regte deur gevind het en dit alles self gedoen het nie,” het Dale gesê.

Die voorval is op die hospitaal se kringtelevisiekamera vasgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.