Video: Hondekosadvertensie steel die harte

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Puppy Chow-hondekosadvertensie steel die harte van YouTube-gebruikers wêreldwyd.

Sommige persone lag te lekker vir die vriendskap wat tussen die nuwe eienaar en sy babahondjie ontwikkel en ander voel weer nostalgies of dink die babahondjie is die oulikste ding op aarde.

Die een ding waaroor almal saamstem, is dat die advertensie ʼn treffer gaan wees.

Die gebruiker BuzzFeedVideo het die advertensie op YouTube gelaai en dit binne die eerste week reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.