Video: Houtballetjie speel “Jesu, Joy of Man’s Desiring” op woud-marimba

selfoonadvertensieDie video volg onderaan die berig. ʼn Selfoonadvertensie van ‘n houtballetjie wat Bach se Cantata 147, Jesu, Joy of Man’s Desiring op ʼn tuisgemaakte marimba in ʼn woud speel, is reeds meer as 10 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die bekroonde Morihiro Harano, kreatiewe direkteur van Drill Inc., het met die idee vorendag gekom vir Sharp se Touch Wood SH-08C-selfoon. Die advertensie is reeds in 2011 uitgesaai, maar maak nou weer opslae op sosialemedia-netwerke.

Die advertensie is in Kyushu, Japan, verfilm en Kenjiro Matsuo het die instrument, wat 44 meter lank is, vervaardig.

Al die hout wat vir die xilofoon gebruik is, kom van bome wat reeds omgeval het en die hout vir die selfoon word ook van surplushout vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gemsbok ·

Suné, mens sou sweer Johann Sebastian Bach het in Engels gekomponeer.

Die titel wat hy self vir sy komposisie gegee het is: “Jesu bleibet meine freude.”

As jy sy werk wil vertaal, kan jy dit netsowel in Afrikaans doen. Dit is eenvoudig: ” Jesus bly my vreugde.”

Laetitia ·

Ek is so bly iemand maak hierdie punt. Bach het Duits gepraat. Waarom sy woorde vir bv. Afrikaners in Engels weergee? Dit gebeur gereeld dat iets wat in ‘n ander taal geskryf is in Engels vir ons gegee word.

vredie Viljoen ·

Dis goed gedoen dit was ‘n lang opstelling van blokkies om die regte note te verkry, pragtig. doen so voort, wat is volgende, sien daarna uit om ook daarna te kan luister.

Groetre
Vredie en Fred Viljoen\

rache ·

Ongelooflik!!! Kan dit waar wees? Ek het verstom gesit en kyk en luister……min dinge boei my,maar die woudspel was een daarvan!! Baie dankie!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.