Video: Houtkapper veg verbete teen slang

Skermgreep uit die video

ʼn Angswekkende video wys hoe ʼn klein houtkapper ʼn drie meter lange slang aandurf om haar nes te beskerm.

Die video is al ʼn paar jaar gelede in Peru verfilm, maar dit maak weer opslae sedert dit Sondag deur Susanta Nanda, ʼn beampte van die Indiese bosboudienste, op Twitter gedeel is.

Die houtkapper veg verbete teen die slang wat homself in haar nes tuisgemaak het. Die houtkapper val herhaaldelik die slang aan en word self minstens vier keer gepik tydens die stryd.

Volgens Metro News is die video in 2009 deur Assaf Admoni, van Israel, verfilm tydens ʼn vakansie in Peru. Die YouTube-weergawe van die video is reeds meer as 8,4 miljoen keer gekyk.

“Ons dink die slang was op soek na eiers of kuikens en toe die houtkapper terugkeer, het sy hom in haar nes gevind,’ het Nanda verduidelik.

Die houtkapper het vermoedelik nie die aanval oorleef nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sandra ·

Ja nee dis nou net ‘n ma se liefde. Sy was al vol gif, maar het nog steeds teruggekom en die slang probeer wegkry van haar nes af. Sy het letterlik haar eie lewe opgeoffer vir hulle, as sy dit nie oorleef het nie. Ek twyfel of sy het.

Maria M S ·

Ek dink ook, helaas, sy het nie die slangpikke oorleef nie. Dapper Houtkapper Mamma, r I v!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.