Video: Huweliksaanbod loop skeef

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Dis gewoonlik ‘n vreugdevolle oomblik wanneer ‘n jong man sy knie buig voor ‘n jonge dame om haar hand te vra, maar soms loop ‘n huweliksaanbod skeef.

Die jong man in die video het ‘n vloot van 20 sportmotors, Ferraris, Lamborghinis en Bentleys gereël om hom te vergesel wanneer hy die groot vraag gaan vra. Die motors het uiteindelik voor ‘n winkel in Shenzen in die suide van China parkeer. Die jong man staan met ‘n ruiker voor die meisie tot sy uiteindelik omdraai en wegloop.

‘n Paar verbygangers het gaan stilstaan om die oomblik met hul selfone af te neem.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jacques ·

Weet nie hoekom daar mans is wat sulke goed kan doen om n vrou so in die verleentheid te stel om voor ander mense te vra nie.Sons kan sy meskien nie wil trou nie maar voel te sleg om nee te se.Dis stupid.

Hannelie ·

Jacques, ek stem saam! Kyk nou net al die moeite wat diè vent gedoen het en hoe ongemaklik die meisie is! Gelukkig druk sy darem deur en wys die aanbod, met groot verskoning, van die hand!

Nelmari ·

Ek wonder nou weer hoe so iets kan gebeur. As ‘n mens in ‘n verhouding is praat jy mos saam oor goed soos trou. Dis nie veronderstel om heeltemaal soooo onverwags te kan wees nie, dis mos iets waaroor ‘n mens praat…?

Akram ·

Wel ek het dit oorweeg om binnekort verloof te raak. ek het gedink, aangesien ons gaan reis, wil ek dit sommer op die vliegtuig doen.verskielik net voor hulle die kos bedien. dan het sy n ete gescore, en die drank is gratis, en dis op n eksotiese plek. moet se dit klink na n plan. wine and dine 30 000 voet is die lug oor n vreemde land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.