Video: Huweliksaanbod terwyl hy in hegtenis geneem word

Justin Harrel (R) en Elaina Rios

Justin Harrel (R) en Elaina Rios

Justin Harrel van Oklahoma in Amerika het sy meisie gevra om met hom te trou terwyl ʼn polisiebeampte hom in hegtenis geneem het.

ʼn Polisiebeampte het Harrel verlede Vrydag by die “Christmas in the Park” in Elk City gesien en ontdek dat daar twee uitstaande lasbriewe teen hom is nadat hy kontant of handelsware met vervalsde tjeks bekom het.

Volgens die polisie het Harrel eers sy inhegtenisname teengestaan. “Ek het hom ingelig dat hy in hegtenis geneem word en hom aangesê om om te draai en sy hande agter sy rug te plaas,” het die beampte in sy polisieverslag geskryf.

Terwyl die beampte hom geboei het, het Harrel verduidelik dat hy op die punt was om sy meisie, Elaina Rios, te vra om met hom te trou, en of hy dalk met die huweliksaanbod kon voortgaan. Die beampte het ingestem. Die meisie het uiteindelik ingestem om sy vrou te word en Harrel het die polisiebeampte versoek om die verloofring uit sy baadjie se sak te haal en vir haar te gee.

Die beampte het die ring oorhandig.
News9.com – Oklahoma City, OK – News, Weather, Video and Sports |

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.