Ryan Thompson het sy meisie in die middel van ‘n “vliegtuig-noodgeval” gevra om te trou.
Thompson en sy meisie, Carlie Kennedy, van Chicago, het in ‘n klein vliegtuigie gaan vlieg, maar Thompson het alternatiewe motiewe gehad. Hulle was besig om oor Chicago te vlieg, toe hy haar skielik vra om kalm te bly, en inlig dat die vliegtuigkontrole nie reageer nie. Hy versoek Kennedy dan om die instruksies aan hom voor te lees sodat hy kan kyk of hy weer die vliegtuig onder beheer kan bring. Die stappe wat egter in dié “noodgeval” volg, is nie gewone instruksies nie.
Die video, wat op 25 September 2012 deur Ryan Thompson op YouTube gelaai is, bevat geen dialoog nie, net musiek en byskrifte om die gesprek te deel en is reeds meer as 2.8 miljoen keer gekyk.