Video: Hy voer krokodille…met sy mond

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Toeriste in Louisiana in die VSA het onlangs na hul asem gesnak toe hulle gids tydens ‘n toer van die moerasse in die water gespring en krokodille begin voer het.

Die video wys onder meer hoe die gids twee krokodille hoender en malvalekkers voer. In ‘n stadium sit die gids ‘n malvalekker in sy mond voor een van die krokodille dit vinnig opraap.

Volgens berigte is daar nie wetgewing in Louisiana wat die voer van krokodille verbied nie maar wel in Jefferson Parish waar die video gemaak is. Daar is egter nog nie aanklagte teen die man aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nika ·

Dis goed en wel,maar moenie huil as hy jou neus ipv die malvalekker eet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.