[Video] Identiese tweelinge se moltrein-poets

Die tweelinge op die moltrein (Foto: Arin Sang-urai , Improveverywhere)

Vier stelle tweelinge het pendelaars op ʼn moltrein in New York ʼn tydreisigerspoets gebak.

ʼn Man klim op die trein en kondig aan dat hy geld insamel om sy tydreisigersmasjien te bou. Sy “toekomstige self” klim dan by die volgende stasie op en ontmoedig alle passasiers om vir hom geld te gee. Nóg “tydreisigers” klim in en verras die verskeie pendelaars wat die petalje sit en aanskou.

Dit is die derde projek met identiese tweelinge. Altesaam 15 stelle tweelinge het in 2008 op ʼn moltrein geklim en oorkant mekaar gaan sit om ʼn tipe “mense-spieëlbeeld” te vorm. Hulle het dan gekyk hoe lank dit ander reisigers vat om te sien dat dit ʼn klomp tweelinge is.

In 2013 het twee stelle tweelinge ʼn Back to the Future-poets gebak.

Die moltrein-poets het al in Maart 2016 plaasgevind, maar die video doen nou weer die ronde op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.